Psalms 12:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier; op die agt-snaar lier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek.

2. Red, o יהוה, want die Godvresendes is nie meer nie, want vertroue verdwyn onder die seuns van die mens.

3. Hulle praat valsheid met mekaar; met vleiende lippe en dubbelhartigheid praat hulle.

4. Mag יהוה al die vleiende lippe vernietig en die tong wat grootpraat,

5. wat gesê het: “Met ons tong sal ons voortbestaan; ons lippe is ons eie! Wie is meester oor ons?”

Psalms 12