Psalms 119:96-102 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

96. Ek het die einde van alle volmaaktheid gesien, maar U opdrag is baie wyd.

97. Hoe lief het ek U wet, dit is die hele dag lank my oordenking.

98. Maak my wyser as my vyande, want ek het U opdragte gehoorsaam.

99. Gee my meer begrip as al my leermeesters, want U getuienisse is my oordenking.

100. Ek verstaan meer as die oudstes, want ek hou U instruksies.

101. Ek het my voete weerhou van elke bose pad sodat ek U opdragte mag doen.

102. Ek het nie van U oordele afgewyk nie, want U het my geleer.Yeg 3:3

Psalms 119