Psalms 119:79-88 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

79. Laat hulle wat U respekvol vrees, na my toe draai, saam met hulle wat U getuienisse ken.

80. Laat my verstand, wil en emosie opreg wees in U instellings sodat ek nie beskaamd sal word nie.

81. My lewe het verlang na U verlossing en my versekerde verwagting is in U boodskap.

82. My oë wag op U boodskap, wanneer U my sal vertroos,

83. want ek het alle ontering gely, tog het ek nie U instellings vergeet nie.

84. Hoeveel is die dae van U dienskneg? Wanneer sal U oordeel uitoefen op hulle wat my vervolg?

85. Die bose het ’n put vir my gegrawe, wat nie volgens U wet is nie.

86. Al U opdragte is vertrouenswaardig; tog vervolg die bose my!

87. Hulle het my amper vernietig op die aarde, maar ek het nie U instruksies verlaat nie.

88. Wek my op volgens U liefdevolle goedheid; so sal ek die getuienis van U mond hou.

Psalms 119