Psalms 119:74-87 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

74. sodat dié wat U repekvol vrees, mag sien en hul verheug, want ek het ’n versekerde verwagting in U boodskap.

75. O יהוה, ek weet dat U oordele onpartydig opreg is en dat U my in U getrouheid nederig gemaak het.

76. Laat U liefdevolle goedheid vir my tot troos wees volgens U boodskap aan U dienskneg.

77. Laat U liefdevolle omgee na my toe kom sodat ek kan lewe, want U wet is vir my geleer.

78. Laat die bose beskaamd staan, want hulle het my onregverdig verneder, maar ek het U instruksies oordink.

79. Laat hulle wat U respekvol vrees, na my toe draai, saam met hulle wat U getuienisse ken.

80. Laat my verstand, wil en emosie opreg wees in U instellings sodat ek nie beskaamd sal word nie.

81. My lewe het verlang na U verlossing en my versekerde verwagting is in U boodskap.

82. My oë wag op U boodskap, wanneer U my sal vertroos,

83. want ek het alle ontering gely, tog het ek nie U instellings vergeet nie.

84. Hoeveel is die dae van U dienskneg? Wanneer sal U oordeel uitoefen op hulle wat my vervolg?

85. Die bose het ’n put vir my gegrawe, wat nie volgens U wet is nie.

86. Al U opdragte is vertrouenswaardig; tog vervolg die bose my!

87. Hulle het my amper vernietig op die aarde, maar ek het nie U instruksies verlaat nie.

Psalms 119