Psalms 119:53-60 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

53. Afgryse het my aangegryp vanweë die bose wat U wet verlaat.

54. U instellings is my liedere in die huis van my tydelike verblyf.

55. Ek het U Karakter en Outoriteit (Naam) in die nag onthou, o יהוה en het U wet gehou.

56. Ek is vertroos omdat ek U opdragte gehou het.

57. Ek het die dinge van יהוה oordink sodat ek U opdragte kan doen.

58. Ek het U guns met my hele verstand, wil en emosie afgesmeek; red my volgens U boodskap.

59. Ek het my lewenswyse oordink en my voete na U pad toe gedraai.

60. Ek het myself voorberei en nie uitgestel om U opdragte te doen nie.

Psalms 119