Psalms 119:51-57 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

51. Die arrogante het my baie onderdruk; tog het ek nie van U wet afgewyk nie.

52. Ek het U oordele van ouds onthou, o יהוה en is vertroos.

53. Afgryse het my aangegryp vanweë die bose wat U wet verlaat.

54. U instellings is my liedere in die huis van my tydelike verblyf.

55. Ek het U Karakter en Outoriteit (Naam) in die nag onthou, o יהוה en het U wet gehou.

56. Ek is vertroos omdat ek U opdragte gehou het.

57. Ek het die dinge van יהוה oordink sodat ek U opdragte kan doen.

Psalms 119