Psalms 119:42-53 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

42. sodat ek iets sal hê waarmee ek die een kan antwoord wat my beswadder, want ek vertrou in U boodskap.

43. Laat die boodskap van waarheid nie van my mond weggaan nie, want ek het versekerde verwagting in U oordele.

44. So sal ek U wet voortdurend hou, vir ewig en ewig

45. en ek sal in vryheid lewe, want ek is verheug in U opdragte.

46. Ek sal ook van U getuienisse voor konings bring en nie beskaam word nie

47. en ek sal U opdragte, wat ek liefhet, oordink.

48. Ek sal my hande oplig na U opdragte wat ek liefhet en U instellings oordink.

49. Onthou die woord aan U dienskneg, waarop U my versekerde verwagting gegee het.

50. Daarin is ek vertroos in my depressie, want U boodskap het my opgewek.

51. Die arrogante het my baie onderdruk; tog het ek nie van U wet afgewyk nie.

52. Ek het U oordele van ouds onthou, o יהוה en is vertroos.

53. Afgryse het my aangegryp vanweë die bose wat U wet verlaat.

Psalms 119