Psalms 119:18-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Maak U my oë oop sodat ek wonderlike dinge vanuit U wet kan raaksien.

19. Ek is ’n besoeker by U; steek nie U opdragte vir my weg nie.

20. My lewe is stukkend van verlange na U oordele ten alle tye.

21. U het die ander nasies bestraf en vervloek is hulle wat van U opdragte afdwaal.

22. Verwyder veragting en disrespek van my af, want ek het U getuienisse gehou.

23. Die leiers het gesit en beplan teen my, maar ek het U instellings oordink.

24. Ek het ook U getuienisse en U goeie raad oordink.

25. My lewe klou aan die stof; wek my op volgens U boodskap.

26. Ek het my lewenswyses verklaar en U het my gehoor; leer my U instruksies!

27. Laat my die werking van U wette verstaan en so U wonderdade oordink.

Psalms 119