Psalms 119:145-155 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

145. Ek het uitgeroep met my hele verstand, wil en emosie; hoor my, o יהוה! Ek sal U instellings bewaar.

146. Ek het uitgeroep na U; red my en ek sal U getuienisse onderhou.

147. Ek het opgestaan by die breek van die oggend en uitgeroep; ek het ’n versekerde verwagting in U boodskap.

148. My oë is oop voor die nagwake sodat ek U boodskap kan oordink.

149. Hoor my stem volgens U liefdevolle goedheid; o יהוה, wek my op volgens U oordele.

150. Hulle kom nader wat bose planne najaag, hulle is ver van U wet af.

151. U, o יהוה, is naby en al U opdragte is waarheid.

152. Aangaande U getuienisse: ek het van ouds af geweet dat U hulle vir ewig gevestig het.

153. Oorweeg my verdrukking en bevry my, want ek vergeet nie U wet nie.

154. Oordeel my saak en bevry my; wek my op volgens U boodskap.

155. Verlossing is ver van die bose, want hulle soek nie U instellings nie.

Psalms 119