Psalms 119:143-152 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

143. Moeilikheid en angs het my beetgepak, tog het ek U opdragte oordink.

144. Die onpartydige opregtheid van U getuienisse is vir ewig; gee vir my begrip en ek sal lewe.

145. Ek het uitgeroep met my hele verstand, wil en emosie; hoor my, o יהוה! Ek sal U instellings bewaar.

146. Ek het uitgeroep na U; red my en ek sal U getuienisse onderhou.

147. Ek het opgestaan by die breek van die oggend en uitgeroep; ek het ’n versekerde verwagting in U boodskap.

148. My oë is oop voor die nagwake sodat ek U boodskap kan oordink.

149. Hoor my stem volgens U liefdevolle goedheid; o יהוה, wek my op volgens U oordele.

150. Hulle kom nader wat bose planne najaag, hulle is ver van U wet af.

151. U, o יהוה, is naby en al U opdragte is waarheid.

152. Aangaande U getuienisse: ek het van ouds af geweet dat U hulle vir ewig gevestig het.

Psalms 119