Psalms 119:137-143 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

137. U is regverdig, oיהוה en U oordele is reguit.

138. U het U getuienisse in onpartydige opregtheid en betroubaarheid beveel.

139. Ywer het my verteer omdat U vyande U boodskap vergeet het.

140. U boodskap is baie suiwer; daarom het U dienskneg dit lief.

141. Ek is klein en word verag, tog vergeet ek nie U instruksies nie.

142. U onpartydige opregtheid is vir ewig en U wet is waarheid.

143. Moeilikheid en angs het my beetgepak, tog het ek U opdragte oordink.

Psalms 119