Psalms 119:119-123 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

119. Onderhou U my en ek sal veilig wees en altyd U opdragte oordink.

120. My vlees krimp ineen uit vrees vir U en ek is bang vir U oordele.

121. U wat regverdige oordeel en regverdigheid toepas, los my nie in die hand van my onderdrukkers nie.

122. Vertroos U dienskneg met goedheid; laat die arrogante nie sleg praat van my nie.

123. My oë verlang na U verlossing en na die boodskap van U onpartydige opregtheid.

Psalms 119