Psalms 119:11-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. U woorde het ek beskerm in my verstand sodat ek nie teen U sal sondig nie.

12. Geseënd is U, o יהוה! Leer my U instellings!

13. Met my lippe het ek al U regverdige oordele oorvertel.

14. Ek was verheug in die lewenswyse van U getuienisse; meer as in alle rykdom.

15. Ek het U instruksies oordink en is bekend met U lewenswyses.Deut 17:18-20

16. Ek het U wet oordink sodat ek nie U boodskappe sal vergeet nie.

Psalms 119