Psalms 119:107-113 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

107. Ek is baie verdruk; wek my op, o יהוה, volgens U boodskap!

108. Wees bly oor die woorde van my mond, o יהוה en leer my U uitsprake.Spr 4:13

109. My lewe is voortdurend in U hande; ek vergeet nie U wet nie.

110. Sondaars het ’n strik vir my gespan; tog het ek nie afgewyk van U opdragte nie.

111. Ek het U getuienisse vir ewig as ’n erfenis geneem, want hulle is die vreugde van my verstand, wil en emosie.

112. Ek het my verstand, wil en emosie daarop gerig om U instellings waarlik te doen, selfs tot die einde toe.Spr 4:14-27

113. Ek haat die bose, maar U wet het ek lief.

Psalms 119