Psalms 119:106-118 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

106. Ek het gesweer en ek sal dit doen, om U regverdige oordele te hou.

107. Ek is baie verdruk; wek my op, o יהוה, volgens U boodskap!

108. Wees bly oor die woorde van my mond, o יהוה en leer my U uitsprake.Spr 4:13

109. My lewe is voortdurend in U hande; ek vergeet nie U wet nie.

110. Sondaars het ’n strik vir my gespan; tog het ek nie afgewyk van U opdragte nie.

111. Ek het U getuienisse vir ewig as ’n erfenis geneem, want hulle is die vreugde van my verstand, wil en emosie.

112. Ek het my verstand, wil en emosie daarop gerig om U instellings waarlik te doen, selfs tot die einde toe.Spr 4:14-27

113. Ek haat die bose, maar U wet het ek lief.

114. U is my Skuilplek en my Skild; my versekerde verwagting is in U boodskap.

115. Gaan weg van my, julle boosdoeners, sodat ek die opdragte van my God kan uitvoer!

116. Versterk my volgens U boodskap en ek sal lewe en laat my nie beskaamd wees as gevolg van my versekerde verwagting nie.

117. Help my en ek sal veilig wees en ek sal voortdurend let op U instellings.

118. U het almal verwerp wat van U instellings afdwaal, want hulle gedagtes is bedrieëry.

Psalms 119