Psalms 116:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek het יהוה lief, want Hy hoor die stem van my smekinge.

2. Hy sal Sy oor na my toe draai op die dag wat ek uitroep na Hom.

3. Die spasmas van die dood het my omring en die pyne van Sh’ol het my gevind; ek het moeilikheid en smarte gevind.

4. Toe het ek die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aangeroep: “O, יהוה, red my lewe.”

Psalms 116