Psalms 115:9-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Die huis van Yisra’el, vertrou op יהוה; Hy is hulle Hulp en hulle Skild!

10. Die huis van Aharon, vertrou op יהוה; Hy is hulle Hulp en hulle Skild!

11. Julle wat יהוה respekvol vrees, vertrou op יהוה: Hy is julle Hulp en julle Skild.

12. יהוה het aan ons gedink; Hy sal ons seën, Hy sal die huis van Yisra’el seën, Hy sal die huis van Aharon seën.

13. Hy sal hulle seën wat יהוה respekvol vrees, beide klein en groot.

14. יהוה sal julle meer en meer vermenigvuldig, julle en jul kinders.

15. Julle is geseënd deur יהוה wat hemel en aarde gemaak het.

16. Die hemele, selfs die hemele behoort aan יהוה, maar die aarde het Hy aan die seuns van die mens gegee.

17. Nie die dooies, of enige een wat afgaan na die duisternis, loof יהוה helder en duidelik nie,

18. maar óns sal voor יהוה buig, van nou af aan vir ewig. Loof Yah helder en duidelik!

Psalms 115