Psalms 115:3-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Ons God is egter in die hemele; Hy het gedoen wat Hom tevrede stel.

4. Die afgode van die ander nasies is silwer en goud, die werk van mensehande.

5. Hulle het monde, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

6. hulle het ore, maar hoor nie; neuse, maar ruik nie;1 Kor 12:2

7. hulle het hande, maar hulle voel nie; voete, maar hulle loop nie; ook praat hulle nie deur hul kele nie.

Psalms 115