Psalms 115:14-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. יהוה sal julle meer en meer vermenigvuldig, julle en jul kinders.

15. Julle is geseënd deur יהוה wat hemel en aarde gemaak het.

16. Die hemele, selfs die hemele behoort aan יהוה, maar die aarde het Hy aan die seuns van die mens gegee.

17. Nie die dooies, of enige een wat afgaan na die duisternis, loof יהוה helder en duidelik nie,

18. maar óns sal voor יהוה buig, van nou af aan vir ewig. Loof Yah helder en duidelik!

Psalms 115