Psalms 115:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nie aan ons nie, o יהוה, nie aan ons nie, maar gee eer en lof aan U Naam (Karakter en Outoriteit), om U goedheid en waarheid se ontwil

2. sodat die ander nasies geen rede het om te sê: “Waar is hulle God nou?” nie.

3. Ons God is egter in die hemele; Hy het gedoen wat Hom tevrede stel.

4. Die afgode van die ander nasies is silwer en goud, die werk van mensehande.

5. Hulle het monde, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

6. hulle het ore, maar hoor nie; neuse, maar ruik nie;1 Kor 12:2

7. hulle het hande, maar hulle voel nie; voete, maar hulle loop nie; ook praat hulle nie deur hul kele nie.

8. Laat die wat hulle maak en elkeen wat op hulle vertrou, net soos hulle word.

9. Die huis van Yisra’el, vertrou op יהוה; Hy is hulle Hulp en hulle Skild!

Psalms 115