Psalms 113:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. יהוה is hoog bo al die nasies en Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid bo die hemele.

5. Wie is soos יהוה, ons God, wat sit in die hoogte

6. en tog die dinge wat in die dieptes is, in die hemel en op die aarde, raaksien?

7. Hy lig die arme op uit die mishoop

8. dat Hy hom kan vestig by die prinse van die volk.

9. Hy laat die onvrugbare vrou huishou, ’n blymoedige moeder van kinders. Loof Yah helder en duidelik!

Psalms 113