19. Laat dit vir hulle wees soos ’n kleed wat hulle bedek en soos ’n gordel waarmee hulle gereeld omgebind word.
20. Hierdie is die dade van die teëstanders van יהוה en van hulle wat boosheid praat teen my,
21. maar U, יהוה, my Meester, doen goed aan my om U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil omdat U liefdevolle omgee goed is, bevry U my,
22. want ek is arm en behoeftig en my verstand, wil en emosie is gewond in my.
23. Ek buig neer soos die skaduwee wanneer dit uitrek; ek word rondgegooi soos die sprinkaan.
24. My knieë is swak deur te vas en my vlees teer weg.
25. Ek het vir hulle veragtelik geword; wanneer hulle na my kyk, skud hulle hul kop.
26. Help my, יהוה my God! Verlos my volgens U goedheid
27. sodat hulle kan weet dat hierdie U hand is en dat U, יהוה, dit gedoen het.
28. Laat hulle vervloek wees, maar U sal geseënd wees en laat U dienskneg hom verheug.
29. Laat hulle wat ’n wrok teen my het, beklee word met skaamte en laat hulle hulself daarmee bedek soos met ’n mantel.