3. Ek wil U loof en dank met uitgestrekte hande onder die volke, o יהוה en ek wil sing en musiek maak tot U, onder die nasies,
4. want U goedheid is groot tot by die hemele en U waarheid tot by die hemel van hemele.
5. Wees U opgelig, o God, bo die hemele en U grootheid bo die hele aarde
6. dat dié vir wie U lief is, bevry kan word! Red my met U regterhand en antwoord my!
7. God het gepraat in Sy Afgesonderdheid: “Ek sal spring van vreugde, Ek sal Sh’khem verdeel en die vallei van Sukkot afmeet.
8. Gil’ad is Myne, M’nasheh is Myne, Efrayim is die krag van My kop, Y’hudah is My koning.