Psalms 108:2-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Ontwaak my harp en lier! Ek self sal vroeg opstaan.

3. Ek wil U loof en dank met uitgestrekte hande onder die volke, o יהוה en ek wil sing en musiek maak tot U, onder die nasies,

4. want U goedheid is groot tot by die hemele en U waarheid tot by die hemel van hemele.

5. Wees U opgelig, o God, bo die hemele en U grootheid bo die hele aarde

6. dat dié vir wie U lief is, bevry kan word! Red my met U regterhand en antwoord my!

7. God het gepraat in Sy Afgesonderdheid: “Ek sal spring van vreugde, Ek sal Sh’khem verdeel en die vallei van Sukkot afmeet.

Psalms 108