Psalms 107:33-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

33. Hy verander riviere in ’n wildernis en waterfonteine in droë grond,

34. ’n vrugbare land in onvrugbaarheid, oor die boosheid van hulle wat daarin bly.

35. Hy verander die wildernis in poele van water en droë grond in waterfonteine

36. en daar laat Hy die hongeres bly sodat hulle dorpe kan bou en vestig

37. en die lande saai en wingerde plant en die vrugte daarvan eet.

Psalms 107