Psalms 107:27-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Hulle swaai heen en weer soos ’n dronk man en is radeloos.

28. Toe het hulle tot יהוה uitgeroep in hul moeilikheid en Hy het hulle uit hul benoudheid verlos.Mar 4:39

29. Hy maak van die storm ’n stilte sodat sy golwe stil is.

30. Toe was hulle bly omdat hulle rustig is en Hy bring hulle na hul hawe van begeerte.

31. Laat die regverdiges van יהוה Hom loof en prys met uitgestrekte hande, want Sy goedheid is oor die seuns van die mens.

32. Laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom helder en duidelik loof in die sitting van die oudstes.

33. Hy verander riviere in ’n wildernis en waterfonteine in droë grond,

34. ’n vrugbare land in onvrugbaarheid, oor die boosheid van hulle wat daarin bly.

35. Hy verander die wildernis in poele van water en droë grond in waterfonteine

36. en daar laat Hy die hongeres bly sodat hulle dorpe kan bou en vestig

37. en die lande saai en wingerde plant en die vrugte daarvan eet.

38. Hy seën hulle ook dat hulle baie vermenigvuldig en hulle vee nie minder word nie.

39. Weer word hulle verminder en verneder deur onderdrukking, boosheid en smart.

Psalms 107