18. Hulle lewe het ’n afsku aan alle soorte kos gehad en hulle het naby die poorte van die dood gekom.
19. Toe het hulle tot יהוה uitgeroep in hul moeilikheid en Hy het hulle uit hul benoudheid verlos.
20. Hy het Sy Boodskap gestuur en hulle genees en hulle bevry van vernietiging.
21. Laat die regverdiges van יהוה Hom loof en prys met uitgestrekte hande, want Sy goedheid is op die seuns van die mens.
22. Offer aan Hom die offers van lof en eer met uitgestrekte hande en verklaar Sy werke met uitroepe.
23. Hulle wat na die see afgaan in skepe, wat handel drywe op baie waters,
24. húlle sien die werke van יהוה en Sy wonders in die dieptes,
25. want Hy beveel en lig die stormwind op wat die golwe daarvan opsweep.
26. Hulle hoop op tot in die lug en gaan weer af na die dieptes; hulle lewe is omgekrap in hulle.Efe 4:14; Ya’a 1:6
27. Hulle swaai heen en weer soos ’n dronk man en is radeloos.
28. Toe het hulle tot יהוה uitgeroep in hul moeilikheid en Hy het hulle uit hul benoudheid verlos.Mar 4:39
29. Hy maak van die storm ’n stilte sodat sy golwe stil is.
30. Toe was hulle bly omdat hulle rustig is en Hy bring hulle na hul hawe van begeerte.