Psalms 106:4-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Onthou ons, o יהוה, met die guns wat U vir U volk het; o, besoek ons met U verlossing

5. dat ons die goeie van U gekosenes kan sien dat ons ons kan verheug in U vreugde en helder en duidelik saam met U erfenis kan loof.

6. Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het oortree, verkeerd gedoen.

7. Ons vaders het nie U wonders in Mitzrayim verstaan nie, hulle het nie die oorvloed van U goedheid onthou nie, maar was rebels teen Hom by die see, by die Sufsee.Yeg 20:9; Yeg 14:22

8. Nogtans het Hy hulle gered om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil sodat Hy Sy magtige krag bekend kon maak.

9. Hy het ook die Sufsee bestraf sodat dit opgedroog het en Hy het hulle deur die dieptes gelei, net soos deur die wildernis.

10. Hy het hulle gered uit die hand van die vyand en hulle bevry uit die hand van die onderdrukker

11. en die waters het hulle teëstanders oordek; daar was nie een van hulle oor nie.Eks 15

12. Toe het hulle Sy woorde geglo, hulle het Sy lofprysing besing,

13. maar hulle het God gou vergeet, hulle het nie in Sy raad vertrou nie,

14. maar in die wildernis na hulle begeertes gesmag en God getoets in die woestyn.

15. Hy het hulle gegee wat hulle gevra het en aan hulle oorvloed gegee.

Psalms 106