Psalms 106:31-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. en dit is vir hom gereken as ’n oorwinning, in alle geslagte vir ewig.

32. Hulle het Hom ook kwaad gemaak by die waters van M’rivah sodat dit met Moshe sleg gegaan het as gevolg van hulle,

33. want hulle het gerebelleer teen sy gees sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe.

34. Hulle het nie die nasies vernietig wat יהוה hulle beveel het nie,

35. maar hulself was vermeng met die ander nasies en het hulle dade aangeleer

36. en hulle afgode gedien, wat ’n strik vir hulle was.

37. Ja, hulle het hulle seuns en hul dogters aan demone geoffer

38. en onskuldige bloed vergiet, selfs die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kena’an geoffer het en die land was besoedel deur bloed.

39. So is hulle onrein gemaak deur hul eie dade en het gaan hoereer met hul eie uitvindsels;

40. daarom het die woede van יהוה ontvlam teen Sy volk; soveel so dat Hy Sy eie erfenis verafsku het

41. en Hy het hulle in die hand van die ander nasies gegee en dié wat hulle gehaat het, het oor hulle geheers.

42. Ook het hulle vyande hulle onderdruk en hulle moes buig onder hul hand.

43. Baie keer moes Hy hulle red, maar húlle het Hom bitter gemaak deur hulle planne en hulle is verneder deur hulle boosheid.

Psalms 106