Psalms 105:39-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. Hy het ’n wolk uitgesprei om aan hulle skadu te gee en vuur om in die nag vir hulle lig te gee.Eks 16:4,15; Num 11:7,8; Yog 6:32

40. Die mense het gevra en Hy het kwartels gebring en hulle versadig met brood uit die hemel.

41. Hy het die rots oopgemaak, die water het uitgestroom en water het in die droë land gevloei,

42. want Hy het Sy afgesonderde belofte onthou wat Hy aan Avraham, Sy dienskneg, gemaak het

43. en Sy volk met vreugde uitgelei en Sy jongmanne met uitroepe van blydskap.

Psalms 105