21. Hy het hom meester oor sy huis gemaak en heerser oor al sy besittings,
22. om die administrateurs te dissiplineer volgens sy wil en aan die oudstes wysheid te leer.
23. Yisra’el het ook na Mitzrayim gekom en Ya’akov het as gas gebly in die land van Gam.
24. Hy het Sy volk baie vermeerder en hulle sterker gemaak as hulle vyande.
25. Hy het hulle verstand, wil en emosie verander, om Sy volk te haat, om vals teen Sy diensknegte te handel.
26. Hy het Moshe, Sy dienskneg, gestuur en Aharon wat Hy gekies het.
27. Hulle het Sy tekens en wonderwerke tussen hulle gewys in die land van Gam.
28. Hy het duisternis gestuur en dit donker gemaak en tog het hulle teen Sy woorde gerebelleer.
29. Hy het hulle waters verander in bloed en hulle visse doodgeslaan.
30. Hulle land het gewemel van paddas, selfs in die binnekamers van hulle konings.
31. Hy het gepraat en daar het verskillende vlieë gekom en luise in hulle hele grondgebied.
32. Hy het hulle reëns in hael verander en vlammende vuur in hulle land gebring.
33. Hy het ook hulle wingerdstokke en hulle vyebome stukkend geslaan en die bome in hulle grondgebied gebreek.