13. Toe hulle getrek het van een nasie tot ’n ander, van een koninkryk na ’n ander volk,
14. het Hy geen mens toegelaat om hulle kwaad aan te doen nie; ja, Hy het konings om hulle ontwil gestraf
15. dat hulle aan Sy gesalfdes nie sal raak en Sy profete kwaad aandoen nie.
16. Meer nog het Hy ’n hongersnood oor die land uitgeroep; die halm van hulle koring verbreek.
17. Hy het ’n man voor hulle uit gestuur, Yosef, wat verkoop is as ’n slaaf,
18. wie se voete in boeie geknel is, hy is in ysters gelê,
19. tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van יהוה het hom getoets.
20. Die koning het gestuur, hom bevry en hom ’n heerser oor sy mense gemaak.
21. Hy het hom meester oor sy huis gemaak en heerser oor al sy besittings,
22. om die administrateurs te dissiplineer volgens sy wil en aan die oudstes wysheid te leer.
23. Yisra’el het ook na Mitzrayim gekom en Ya’akov het as gas gebly in die land van Gam.
24. Hy het Sy volk baie vermeerder en hulle sterker gemaak as hulle vyande.
25. Hy het hulle verstand, wil en emosie verander, om Sy volk te haat, om vals teen Sy diensknegte te handel.
26. Hy het Moshe, Sy dienskneg, gestuur en Aharon wat Hy gekies het.
27. Hulle het Sy tekens en wonderwerke tussen hulle gewys in die land van Gam.