1. Loof en eer יהוה met uitgestrekte hande, roep uit tot Sy Naam (Karakter en Outoriteit), maak Sy dade bekend onder die volke.
2. Sing tot Hom, sing en maak musiek tot Hom, praat van al Sy wonderlike dade.
3. Loof Sy Afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit) helder en duidelik; laat die verstand, wil en emosie van die wat יהוה soek, hulle verheug.
4. Soek na יהוה; wees sterk en soek Sy Teenwoordigheid voortdurend.
5. Onthou Sy wonderlike dade wat Hy gedoen het, Sy wonderwerke en die oordele van Sy mond,
6. o julle, nageslag van Avraham, Sy dienskneg, julle seuns van Ya’akov, Sy gekose!
7. Hy is יהוה,ons God; Sy oordele is oor die hele aarde.
8. Hy het Sy verbond vir ewig onthou, die woord wat Hy beveel het vir ’n duisend geslagte,Rom 9:7
9. want Hy het Sy verbond met Avraham gesluit en Sy ede met Yitz’gak
10. en dieselfde aan Ya’akov as ’n wet bevestig en aan Yisra’el as ’n ewige verbond,Gen 13:15; Gen 15:18; Hand 7:5
11. met die woorde: “Aan jou sal Ek die land Kena’an gee, die aangewese deel van jou erfenis,”
12. toe hulle maar ’n paar mense in getal was, ja, baie min en vreemdelinge daarin.
13. Toe hulle getrek het van een nasie tot ’n ander, van een koninkryk na ’n ander volk,
14. het Hy geen mens toegelaat om hulle kwaad aan te doen nie; ja, Hy het konings om hulle ontwil gestraf
15. dat hulle aan Sy gesalfdes nie sal raak en Sy profete kwaad aandoen nie.
16. Meer nog het Hy ’n hongersnood oor die land uitgeroep; die halm van hulle koring verbreek.