Psalms 104:21-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Die jong leeus brul vir hulle prooi en verwag hulle kos vanaf God.

22. Die son kom op en hulle maak hulleself bymekaar en lê neer in hul slaapplekke.

23. Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.

24. Hoe talryk is U werke, o יהוה! In wysheid het U dit alles gemaak; die aarde is vol van U rykdomme!

25. Let op, die groot en wye see waarin ontelbare dinge wemel, skeppinge, beide klein en groot.

Psalms 104