Psalms 104:17-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Daar maak die voëls hulle neste, wat die ooievaar betref, haar huis is in die sipresse.

18. Die hoë berge is ’n skuilplek vir die ibex en die rotse ’n skuilplek vir die dassies.

19. Hy het die maan aangestel vir die vasgestelde tye; die son ken sy ondergaan.

20. Hy het duisternis gemaak en dit is nag, waarin al die diere van die woud uitkruip.

21. Die jong leeus brul vir hulle prooi en verwag hulle kos vanaf God.

Psalms 104