1. Van Dawid. Loof en eer יהוה, o my lewe en alles wat binne-in my is, loof en eer Sy Afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit)!
2. Loof en eer יהוה, o my lewe en moenie al Sy dade vergeet nie:
3. wat al jou morele boosheid vergewe, wat al jou siektes genees;
4. wat jou lewe losgekoop het van vernietiging; wat jou kroon met goedheid en liefdevolle omgee;
5. wat jou mond versadig met goeie dinge sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ’n arend.
6. יהוה is Onpartydig Opreg en het regverdige oordeel vir almal wat onderdruk word.
7. Hy het Sy lewenswyse aan Moshe bekend gemaak, Sy dade aan die seuns van Yisra’el.Ya’a 5:11
8. Liefdevolle Omgee en Onverdiende Guns is יהוה, stadig om kwaad te word en oorvloedig in onverdiende guns.
9. Hy sal nie vir altyd twis en ook nie vir ewig Sy woede behou nie.Ps 95:10