Psalms 102:9-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Ek het as soos brood geëet en my drank gemeng met trane,

10. as gevolg van U woede en U toorn, want U het my opgelig en my neergegooi.

11. My dae is soos ’n skaduwee wat verleng en ek is verdroog soos gras,

12. maar U, o יהוה, sal voortduur vir ewig en U herinnering tot in alle geslagte.

13. Staan op en wys onverdiende guns aan Tziyon, want dit is tyd om aan haar onverdiende guns te wys,

Psalms 102