Psalms 102:4-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. My verstand, wil en emosie is platgeslaan en verdor soos gras sodat ek vergeet om my brood te eet.

5. As gevolg van die stem van my gesug, kleef my gebeente vas aan my vlees.

6. Ek is soos ’n pelikaan van die wildernis; ek is soos ’n uil van die woestyn.

7. Ek word geskud en is alleen soos ’n mossie op die dakke van die huise.

8. Die hele dag lank spot my vyande my; die wat my eens geprys het, is nou geswore teen my.

9. Ek het as soos brood geëet en my drank gemeng met trane,

10. as gevolg van U woede en U toorn, want U het my opgelig en my neergegooi.

11. My dae is soos ’n skaduwee wat verleng en ek is verdroog soos gras,

12. maar U, o יהוה, sal voortduur vir ewig en U herinnering tot in alle geslagte.

13. Staan op en wys onverdiende guns aan Tziyon, want dit is tyd om aan haar onverdiende guns te wys,

14. want U knegte het plesier in haar klippe en vind guns in die stof daarvan.

Psalms 102