Psalms 102:3-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. want my dae word verslind soos rook en my gebeente word wit gemaak asof hulle brand.

4. My verstand, wil en emosie is platgeslaan en verdor soos gras sodat ek vergeet om my brood te eet.

5. As gevolg van die stem van my gesug, kleef my gebeente vas aan my vlees.

6. Ek is soos ’n pelikaan van die wildernis; ek is soos ’n uil van die woestyn.

7. Ek word geskud en is alleen soos ’n mossie op die dakke van die huise.

Psalms 102