Psalms 102:22-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. wanneer die volke en die koninkryke saam vergader om יהוה te dien.

23. Hulle het my krag op die aarde verswak; my gewaarsku oor die kortheid van my dae.

24. O, my God, neem my nie weg in die middel van my dae nie; U jare is regdeur alle geslagte!Heb 1:10-12

25. Van ouds het U die aarde se fondasies gelê en die hemele is die werk van U hande.

Psalms 102