Psalms 102:1-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gebed van die onderdrukte as hy oorweldig is en sy klagte uitstort voor יהוה. 2 Luister en hoor my gebed, o יהוה en laat my uitroep tot by U kom!

2. Draai nie U gesig weg van my op die dag as ek in die moeilikheid is nie; draai U oor na my toe; op die dag wat ek roep, antwoord my gou,

3. want my dae word verslind soos rook en my gebeente word wit gemaak asof hulle brand.

4. My verstand, wil en emosie is platgeslaan en verdor soos gras sodat ek vergeet om my brood te eet.

5. As gevolg van die stem van my gesug, kleef my gebeente vas aan my vlees.

6. Ek is soos ’n pelikaan van die wildernis; ek is soos ’n uil van die woestyn.

7. Ek word geskud en is alleen soos ’n mossie op die dakke van die huise.

8. Die hele dag lank spot my vyande my; die wat my eens geprys het, is nou geswore teen my.

9. Ek het as soos brood geëet en my drank gemeng met trane,

10. as gevolg van U woede en U toorn, want U het my opgelig en my neergegooi.

11. My dae is soos ’n skaduwee wat verleng en ek is verdroog soos gras,

12. maar U, o יהוה, sal voortduur vir ewig en U herinnering tot in alle geslagte.

13. Staan op en wys onverdiende guns aan Tziyon, want dit is tyd om aan haar onverdiende guns te wys,

14. want U knegte het plesier in haar klippe en vind guns in die stof daarvan.

15. So sal die ander nasies die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה respekvol vrees en al die konings van die aarde U Gemanifesteerde Teenwoordigheid.

Psalms 102