Psalms 101:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van Dawid met instrumentale musiek. Ek wil sing van goedheid en regverdige oordeel; tot U, o יהוה, wil ek sing en musiek maak!

2. Ek wil myself wys gedra op ’n volmaakte manier. Wanneer sal U na my toe kom? Ek sal in my huis loop met ’n volmaakte verstand, wil en emosie.

3. Ek sal geen bose ding voor my oë sit nie; ek haat die doeners van boosheid, hulle sal nie naby my kom nie.

4. ’n Valse verstand, wil en emosie moet weggaan van my af; ek sal geen boosheid ken nie.

Psalms 101