Prediker 7:16-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Wees nie oor-regverdig en maak jouself nie oor-wys nie dat jy nie dwaas sal word nie.

17. Wees nie uitermate boos dat jy baie gehaat word nie; wees ook nie dwaas sodat jy voor jou tyd sterf nie.

18. Dit is goed dat jy hieraan vashou, ja trek nie jou hand hiervan terug nie, want hy wat God respekvol vrees, sal al hierdie dinge volg.

19. Die wysheid versterk die wyse meer as tien prinse wat in die stad is,

20. want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen en nie sondig nie.

Prediker 7