Prediker 5:9-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Die rykdom van die aarde is vir almal; die koning self word gedien deur sy eie land te bewerk.

10. Hy wat geld liefhet, sal nie bevredig word deur geld nie en hy wat rykdom liefhet, sal dit nie behou nie. Ook dit is waardeloos.

11. As die besittings vermeerder, word hulle wat dit opeet ook meer en watter voordeel is daar vir die eienaars, behalwe om dit met sy oë te aanskou?

12. Soet is die slaap van ’n werkende man, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom nie toe om te slaap nie.

13. Daar is ook ’n ander erge boosheid wat ek onder die son gesien het: rykdom wat deur sy eienaar gehou word tot sy eie nadeel

14. en daardie rykdom gaan verlore in ’n bose transaksie en wanneer hy ’n seun verwek, is daar niks in sy hand nie.

15. Soos hy uit sy moeder se baarmoeder uitgekom het, sal hy kaal na die aarde terugkeer om te gaan soos hy gekom het en sal niks van sy harde werk in sy hand saamdra nie

16. en ook dit is ’n erge boosheid, want net soos hy gekom het, so sal hy gaan en watter voordeel het hy wat hard gewerk het, vir wind?

17. Hy eet ook al sy dae in duisternis, in baie woede en toorn, in rou en in siekte.

18. Dit is wat ek, die prediker, gesien het: dit is goed en toepaslik vir een om te eet en te drink en die goeie van al sy harde werk, waarvoor hy al die dae van sy lewe, wat יהוה hom gee onder die son, werk, te geniet, want dit is sy deel.

19. יהוה het ook aan elke mens rykdom en skatte gegee en die vermoë om daarvan te eet, sy deel te vat en hom te verheug in sy harde werk; dit is die geskenk van God,

Prediker 5