1. Toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel soos vir ’n halfuur lank
2. en ek het sewe engele gesien, hulle wat in God se Teenwoordigheid staan, aan wie sewe ramshorings gegee is.
3. ’n Ander engel het gekom en met ’n goue wierookbak by die altaar gaan staan en baie wierook is aan hom gegee om saam met die gebede van al die afgesonderdes, voor die troon, op die goue altaar te gooi
4. en die rook van die wierook het, saam met die gebede van die afgesonderdes, uit die hand van die engel opgegaan voor God.
5. Die engel het die wierookbak gevat en dit met vuur van die altaar af volgemaak en dit oor die aarde gegooi en daar was donderslae, stemme, weerlig en aardbewings.