Openbaring 4:9-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Wanneer die wesens eer, lof, aanbidding, waarde en aanvaarding van onverdiende guns gee aan Hom wat op die troon sit, wat vir tydlose ewigheid lewe, dit is waar,

10. val die vier en twintig oudstes neer voor Hom wat op die troon sit en aanbid die Lewende Een tot in tydlose ewigheid, dit is waar. Hulle gooi hulle krone voor die troon terwyl hulle sê:

11. “U is waardig, ons Meester en ons God, om die eer, lof, aanbidding en die krag te ontvang, want U het alles geskep en vir U plesier bestaan hulle en is hulle geskep.”

Openbaring 4