Openbaring 20:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek het ’n ander engel vanaf die hemel gesien met die sleutel van die bodemlose put en ’n groot ketting in sy hand

2. en hy het die draak gegryp, die ou slang, wat die valse aanklaer en die teëstander is en hy het hom vasgebind vir ’n duisend jaar lank

3. en hom in die bodemlose put gegooi, hom toegesluit, die bokant toegemaak en verseël sodat hy nie meer al die nasies sou mislei nie. Na hierdie jare is dit gegee om hom vir ’n kort tydjie los te maak.Dan 7:9-10,22

Openbaring 20