3. en hulle het die lied van Moshe,Z’kh 14:16-20; Mat 22:16
4. Wie sal U nie respekvol vrees nie יהוה en U Karakter en Outoriteit (Naam) nie eer en loof nie, want U alleen is Afgesonderd; daarom sal al die nasies kom en voor U aanbid omdat U Waarheid is.”
5. Ná hierdie dinge het ek gesien dat die tempel (die tent van die getuienis in die hemel) oopgemaak is
6. en sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgegaan, aangetrek met stralende skoon linne, om die bors vasgebind met goue gordels.
7. Een van die vier wesens het aan die sewe engele sewe flesse gegee, vol van die woede van God, wat die Lewe is vir tydlose ewigheid. Dit is waar.
8. Die tempel was vol rook vanuit die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God en vanuit Sy Mag en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele afgehandel is nie.