12. Hier is die volharding van die afgesonderdes: hulle wat die opdragte van God uitvoer en getrou bly aan Yeshua.
13. Ek het ’n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf: geseënd is die dooies, wat van nou af in ons Meester doodgaan, ja, sê die Gees, want hulle rus van hul dade.”
14. Let op, daar was ’n wit wolk en op die wolk sit een wat lyk soos ’n man, met ’n goue kroon op sy kop en in sy hand ’n skerp sekel.Yo’el 3:9-13; Yes 63:1-6; Yir 25:15, 28-30 ’n Ander engel het uit die tempel uitgekom en met ’n groot stem geroep na hom wat op die wolk sit: “Stuur jou sekel en maai, want die tyd het gekom om te oes.”
15. (vs. 15-20)
16. Hy wat op die wolk sit, het sy sekel op die aarde ingesteek en die aarde is afgeoes.
17. ’n Ander engel het uit die tempel, wat in die hemel is, uitgegaan en hy het ’n skerp sekel gehad.