Numeri 7:43-47 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

43. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

44. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

45. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

46. een bokram as sondoffer

47. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Elyasaf, die seun van Re’u’el.

Numeri 7